Die Petrol Kameel se rug wil breek!

Kameel

Die arme petrol kameel is te swaar gelaai!

52 jaar gelede het Pick & Pay al probeer om petrol teen afslag, of te wel, volgens die mark beginsel van vraag en aanbod, brandstof aan verbruikers te verkoop! Die top bestuur het voor die tronk se deure omgedraai soos die regering daarteen vasgeskop het! Suid Afrikaanse motoriste is steeds uitgelewer aan 'n vaste prys stelsel wat maandeliks aangepas word volgens ingewikkelde formules waaroor die verbruiker geen beheer of invloed het, tot 2022

Die nadraai van die Covid pandemie en nou die angswekkende oorlog in die Ukraine, met die gepaardgaande rekord verhogings van die brandstofprys, het die regering genoop om in te gryp om te keer dat ons ekonomie nog 'n ondraaglike skok verduur. Die huidige situasie kan baie maklik die spreekwoordelike "laaste strooi op die kameel se rug" beteken vir baie besighede en huishoudings.

Die Suid Afrikaanse Minister van Finansies, mnr Godwongwana, het tydens 'n nuuskonferensie op Donderdag 31 Maart 2022 die volgende belangrike maatreëls aangekondig:

  1. 'n "Betaal-vakansie" van R1.50 per liter op die brandstofheffing vir April en Mei 2022 word ingestel. Die onderverhalings-, en daarom verlies aan inkomste vir die staat, sal vergoed word deur verkope van strategiese olie reserwes.
  2. 'n Maksimum prys word vir 93 oktaan petrol ingestel vanaf 01 Junie. Dit beteken dat vulstasies teen 'n verminderde prys kan verkoop! Verbruikers sal dus 'n keuse kan uitoefen tussen mededingende verskaffers wat nie meer as die maksimum prys mag vra nie maar wel minder!
  3. Algehele deregulasie van die petrolprys, beide 93- en 95 oktaan sal mettertyd, en in fases geskied. Wye konsultasie vind reeds sedert 2018 plaas. Die volgehoude voorstelle van onder andere SAPIA (SA Petroleum Industrie Assosiasie) die AA (Automobiel Assosiasie) en OUTA (Organization Undoing Tax Abuse)hou die onderwerp in die kollig.
  4. Diesel pryse word tans nie gereguleer nie. In 'n poging om mededinging te bevorder, gaan die Departement van Minerale Bronne en Energie, vanaf 01Junie 2022, ook nie meer die gebruiklike riglyne oor diesel pryse publiseer nie.
  5. Verskeie ander maatreëls word oorweeg om vanaf 01Junie in werking gestel te word. Dit sluit in 'n vermindering van die basiese brandstofprys asook die afskaffing van die vraagkantbestuursheffing wat op petrol gehef word wat in die binneland verkoop word. 'n Besparing van soveel as 13c per liter! Die hersiening van ander elemente van die brandstofprys word ook oorweeg. Hierdie elemente sluit in verspreidings- en vestigingskoste asook die groot- en kleinhandel winsmarges. 
  6. Paraffien. Geen heffings word op paraffien betaal nie wat baie armer gesinne swaar sal tref aangesien die prys met soveel as R2.66 per liter verhoog word.
  7. Die Geleentheid? Motoriste wat met 93 oktaan en Diesel aanvul, sal reeds minder sal betaal weens die geleentheid van mededinging tussen handelaars. Die ekstra kilometers wat dalk verder gery moet word vir die besparing sal dalk op sy eie nie so 'n groot oorweging wees nie MAAR wanneer ander faktore in ag geneem word,  soos die gebruik van 'n spesifieke bank rekening (bv E-Bucks van FNB),lojaliteits-programme- (bv Clicks - of Dischem) en ander spesiale aanbiedings is dit 'n heel ander storie.
  8. Vulstasie groepe is reeds in vennootskap met bankgroepe, lojaliteits-programme, koffie, wegneem etes- en geriefwinkels om kliente vir ondersteuning te beloon!
  9. Die Fuel Directory en jou slimfoon: 'n Dinamiese aanlyn infostelsel wat motoriste van inligting en navigasie roetes voorsien, kry die nuutste besparings an aanbiedinge oor vulstasies wat insluit hul:

Besoek www.fueldirectory.co.za en spaar


Posted on Apr 08, 2022 by Panel Beater Directory

Back to Articles